Laaste fase van sensus breek aan
Die Namibië Statistieke Agentskap het die finale fase van die sensus-versoeningsoperasie aangekondig wat van 1 tot 14 Februarie uitgevoer gaan word. NSA-amptenare sal dan teruggaan na huishoudings waar persone se besonderhede nie volledig ooreenstem in data wat in die sensus en sogenaamde “post enumeration survey” ingesamel is nie. Die korrekte status van die individue sal dan bepaal word. Kosmos 94.1 Nuus het met Mirjam Shihepo, kommunikasiespesialis by die agentskap, gepraat oor die proses.