Laaste dag was Rough & Tough was inderdaad, rough en tough
Dit wil voorkom asof die Rough & Tough-tydren die jaar sy naam gestand gedoen het. Volgens Ernst Köhne was Saterdag, die laaste dag van die tydren, die moeilikste met baie skade aan voertuie soos hulle hul pad na Madisa-kamp in Damaraland, ten bate van die Kankervereniging, gemaak het. Ernst Köhne sê selfs hy, wat in ‘n ordentlike 4X4 gery het, het lyfseer.