Laaste dag vir SIM-registrasie

Vandag is die laaste dag wat SIM-kaarte geregistreer kan word. Volgens die inligtingsminister Emma Theofelus het die jongste syfers getoon dat ongeveer 91 persent van alle aktiewe kaarte reeds geregistreer is. Vanaf môre sal die betrokke nommer nie weer geaktiveer kan word nie en ‘n nuwe nommer sal bekom moet word. Die registrasie-proses was die afgelope tyd traag al het die publiek in Maart vir die uitstel gevra.