La Niña sal kakao-produksie ‘n hupstoot gee
Die aankoms van die La Niña-weerstoestande sal na verwagting kakao-produksie in Wes-Afrika bevoordeel na byna tien jaar se hoër temperature wat deur die El Niño-effek veroorsaak is. La Niña bring laer temperature en meer reën en kan kakoa-oeste verbeter. Dié weerpatroon wat volgens voorspelling tussen Augustus en Oktober kan voorkom, bied hoop vir beter kakoa-oeste in die Ivoorkus, Ghana, Nigerië en Kameroen. Die uitdagings bly egter steeds, insluitend toegang tot kunsmis en siektebeheer.