La Niña het nou 60% kans om teen einde ’24 te ontwikkel

Die Wêreldklimaatsorganisasie sê daar is ‘n 60-persent kans dat ‘n La Niña-toestand teen die einde van die jaar sy verskyning gaan maak. La Niña verwys na die grootskaalse afkoeling van oseaan-oppervlak-temperature in die sentraal- en oostelike ewenaarsgedeelte van die Stille-oseaan, gekoppel aan veranderings in die tropiese atmosferiese sirkulasie. Celeste Saulo van die organisasie sê die afgelope nege jaar was die warmste ooit wat aangeteken is, selfs met die afkoelingsinvloed van verskeie La Niña verskynsels van 2020 tot vroeg in 2023.