La Dolce Vita Orient Express trein begin in 2025 loop
Die langverwagte La Dolce Vita Orient Express-trein word in 2025 in Italië bekend gestel. Die trein kry sy inspirasie van die glansryke lewenstyl van die 1960s’ en ’70s en het nege passasierswaens. Die sjef met drie Michelin-sterre, Heinz Beck, sal eet-ervarings uit die boonste rakke bedien, wat geïnspireer is deur die 14 Italiaanse streke van die nuwe trein se agt roetes. Dit sluit in ‘n truffelroete tussen Rome en Nizza Monferrato, ‘n toer deur die Toskaanse wingerde en ‘n besoek aan Montalcino. Pryse begin by sowat 66 000 Namibiese dollar.