KZN-regering doen verslag oor naweek se chaos

KwaZulu-Natal se LUR vir Samewerkende Regering, Thulasizwe Buthelezi sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het gehelp met noodlenigingspogings. Verskeie motoriste en pendelaars was op die N3-hoofweg gestrand nadat hulle deur swaar sneeuval vasgekeer is. Hy sê die owerhede kan nou verantwoording doen van alle passasiers wat op die snelweg gestrand was. Twee mense is dood nadat hulle in sneeu vasgekeer was. Buthelezi het inwoners versoek om veiligheid voorop te stel: