KZN-premier vra verdraagsaamheid

Die premier van KwaZulu-Natal, Nomusa Dube-Ncube, sê met die daarstelling van die veelparty politieke ingrypingskomitee beywer die provinsiale regering hom steeds vir politieke verdraagsaamheid. Sy sê die verkiesingsveldtog-tydperk was grootliks vreedsaam, met ‘n paar geïsoleerde voorvalle van onverdraagsaamheid. Dube-Ncube doen ‘n beroep op mense om diegene te isoleer wat onstabiliteit wil veroorsaak en mense opstook: