KZN-kultuur laat tienerswangerskappe toe

Die KwaZulu-Natalse LUR vir Gesondheid, Nomagugu Simelane, skryf ʼn gedeelte van die kwessie van verhoogde tienerswangerskappe toe aan outydse kulturele gebruike, insluitende ‘inhlawulo’ of skadevergoeding. In die praktyk behels dit betaling aan die familie van ʼn vrou wat buite-egtelik swanger is deur die betrokke pa. Namibië het dieselfde uitdaging met talle landelike families wat skadevergoeding sal aanvaar vir verkragting of swangerskap. Simelane vra die aandag moet eerder verskuif na die inhegtenisneming van die oortreder pleks van die betaling van skadevergoeding. Sy is besorg oor die voortgesette kommer oor die hoё koers van onbeplande swangerskappe en die vraag na veilige beëindiging in die ouderdomsgroep tien tot 19 jaar.