KZN kry vlak 6 waarskuwing vir ontwrigtende reën

Die KwaZulu-Natalse samewerkende regering-departement waarsku die publiek in noordelike streke oor ‘n vlak ses-voorspelling vir ontwrigtende reën môre. Dit is weens die effek van Tropiese Storm Filipo, wat in Mosambiek tussen Maputo en Beira geland het. Daar is ‘n hoë risiko van oorstromings as gevolg van meer as 100-millimeter reënval wat verwag word. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel moontlike oorstromings op paaie, brûe en in nedersettings, wat groot ontwrigting in verkeersvloei en noodsaaklike dienste sal veroorsaak. Die departement se woordvoerder, Siboniso Mngadi, sê rampspanne is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag en raai gemeenskappe aan om skuiling te soek by aangewese plekke.