Kyk vir instansies wat geakkrediteer is, owerheid maak dit maklik

Jaar op jaar vind studente uit hulle het by instansies geregistreer wat nie deur die Namibiese Kwalifiserende-owerheid geakkrediteer is nie. Dit is ‘n reuse-vermorsing van tyd en geld. Vanjaar het die owerheid ‘n insetsel in die koerante geplaas wat presies uiteensit watter instansie en watter kwalifikasie geakkrediteer is. Kosmos 94.1 Nuus het met Lina Ndengu van die owerheid gesels.