Kyk uit hiervoor en fnuik kuber-skurke

In vandag se digitale era is die risiko van kuberaanvalle ‘n groot bekommernis, aangesien skurke daarop uit is om kwesbaarhede in ons aanlyn interaksies uit te buit. Kubermisdadigers gebruik ‘n verskeidenheid taktieke om individue te teiken, met algemene tegnieke wat konsekwent gebruik word. Dit is van kardinale belang om bewus te wees van hierdie metodes om jouself en jou organisasie te beskerm. Cornelia Shipindo, bestuurder van kuberveiligheid by die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran, sit die algemene kwesbaarhede uiteen.