Kyk na boorgate, bepleit landbou

Die landbouministerie se hoof van landelike watervoorsiening in die Oshikoto-streek, Stevenson Tuukondjele, het inwoners versoek saam te werk deur boorgatkwessies stiptelik aan te meld om onklaarrakings te vermy. Hy sê vanjaar moes 14 gate vervang word omdat probleme nie aangemeld word nie en vier moes van nuuts af geboor word wat baie duur is. Boorgate is op die oomblik in meeste dele van die land die enigste manier wat gemeenskappe toegang tot water het as gevolg van die droogte maar, diefstal en vandalisering bly ‘n uitdaging wat watervoorsiening bemoeilik.