Kyk hoe mooi lyk sy nou!!
Fiona, wat ‘n wêreldwye sensasie geword het as Brittanje se eensaamste skaap, is nou helfte die grootte wat sy was! Nadat sy twee jaar lank op ‘n afgeleë strand deurgebring het, het sy ‘n bietjie bederf nodig gehad.
Fiona, wat Brittanje se eensaamste skaap gedoop is, het ‘n transformasie ondergaan nadat sy vir die eerste keer sedert haar dramatiese redding geskeer is.
Verlede jaar is diereliefhebbers regoor die wêreld ontsteld gelaat deur die lot van die skaap, wat in totale afsondering op ‘n afgeleë strand gebly het, vasgevang aan die voet van ‘n vreesaanjaende krans.
Sy is uiteindelik gered en daarna, mooi geskeer.
Sy lyk heel kaal, en ons wonder of sy nou koud kry maar, dis darem ‘n storie met ‘n mooi einde…. Die skoon geskeerde verlore skapie.