Kyk: Hier is die lelikste hond in die wêreld!

ʼn Agt-jarige Pekinees genaamd Wild Thang het die 2024 “Wêreld se lelikste Hond”-kompetisie in Kalifornië gewen. Die dier het al vyf keer aan die kompetisie deelgeneem en drie keer tweede gekom voordat hy uiteindelik vanjaar die wenner was. Wild Thang het as babahondjie die gevreesde hondesiekte gekry. Hy het gesond geword, maar permanente fisiese skade opgedoen. Hy en sy eienaar, Ann Lewis, het N$90 000 gewen. Die “Wêreld se lelikste hond”-kompetisie word byna 50 jaar al aangebied en vier die gebreke wat alle honde spesiaal en enig in hul soort maak.