Kwytskeling vir 1021 gevangenes
Die Namibiese Korrektiewe Diens sê ingevolge die proklamasie van die Presidensie oor presidensiële kwytskelding, word verskeie gevangenes vrygelaat. Die hoof, kommissaris-generaal Raphael Hamunyela, sê daarom is 313 gevangenes wat in fasiliteite aangehou is, kwytskelding gegee met 1 108 wat tydelik opskorting van hulle vonnis ontvang het. Sou hulle weer oortree gaan hulle terug. Gevangenes onder gemeenskapstoesig trek ook voordeel met 708 wat kwytskelding ontvang en 98 wat opskorting ontvang.