Kwotas vir ontwikkeling – meer deursigtigheid is nodig

‘n Kwota van 500 metrieke ton stokvis is geadverteer vir die beskikking van ‘n regeringsdoelwit viskwota aan die hoogste bieër. Die Wet op Mariene Hulpbronne maak voorsiening vir die staat om mariene hulpbronne te benut of te oes om enige sosio-ekonomiese, kulturele of ander regeringsdoelwit wat in die openbare belang is, te bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het met Frederico Links, ‘n navorsingsontleder by die Instituut vir Openbare Navorsing, gesels. Hy sê die regering se pogings om meer deursigtig te wees is positief, maar meer moet gedoen word.