KwaZulu-Natal se polisie kry geen kennisgewing oor stilstand
Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, sê die polisie in die provinsie het deur die media uitgevind van die EFF se beplande nasionale stilstand aangesien daar geen kennisgewing aan hulle gestuur is nie. Hy sê enige verset-optrede in die provinsie sal onwettig wees. Die betoging word beplan om verskeie uitdagings, insluitend beurtkrag, uit te lig, asook om President Cyril Ramaphosa se bedanking te eis. Mkhwanazi sê geen burger sal toegelaat word om die wet te oortree nie.