Kwaai bul jaag rugbyspelers rond in Frankryk

’n Los, en redelike kwaai bul het Vrydagaand die rugbyveld bestorm tydens ’n rugbyliga-kragmeting tussen Catalans Dragons en St Helens in Frankryk. Die dier het die Katalaanse spelers bestorm – die span dra rooi hemde – en die spelers moes hardloop vir hulle lewens. Die bul is uiteindelik gevang en daar word berig dat nie hy of enige spelers beseer is nie. Daar was blykbaar drie bulle by die wedstryd. Die Superliga-wedstryd het soos beplan voortgegaan, met een Twitter-gebruiker wat geskerts het die bul moet dalk as stut speel.