Kuugongelwa-Amadhila vier 57ste verjaardag
Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila vier haar 57ste verjaardag. Sy is op 12 Oktober 1967 gebore en het sedert 2015 as Namibië se eerste vroulike premier gedien. Sy is ‘n opgeliede ekonoom en was finansminister van 2003 tot 2015, waar sy gehelp het om Namibië se ekonomie te stabiliseer. Sy is bekend vir haar fokus op bestuurshervormings en ekonomiese ontwikkeling. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die voormalige premier en Swapo-veteraan Nahas Angula, wat sy gelukwense met Kuugongelwa-Amadhila deel.