Kunstenaar Evette Weyers sterf aan AlzheimersJuly 11, 2023
Die bekende Suid-Afrikaanse kunstenaar en beeldhouer, Evette Weyers, vrou van die akteur Marius Weyers, is vandag dood. Alzheimer se siekte is in 2019 by haar gediagnoseer. Sedertdien het Marius haar tuis by hul huis in Rooi-els in die Overberg versorg. Evette was ook ‘n aktrise en het verskyn in The Trojan Horse en Equus. Sy het die tragedies ook in Afrikaans vertaal. Evette is in 1946 in Durban gebore en het ‘n BA-graad aan die Universiteit van Pretoria verwerf.