Kunsmatige intelligensie kan gebruik word om enige  foto’s van jou wat aanlyn is, te identifiseer.

Ten spyte van tegnologiese vooruitgang, sal daar altyd ‘n argument wees oor of ons meer inligting kry as wat ons eintlik nodig het. Dis soos die beeldsoek-webwerf PimEyes, wat kunsmatige intelligensie gebruik om enige  foto’s van jou wat aanlyn is, te identifiseer. Dit word “die mees ontstellende KI-webwerf op die internet” genoem. Die manier waarop dit werk, is dat jy vir die webwerf ‘n foto van jouself gee en dit gebruik dan daardie prentjie om al jou kiekies te versamel wat kwansuis op die internet beskikbaar is.

Terwyl sommige dink dat dit nogal oulik is, meen ander dit kan “‘n stalker se droom” genoem word.

Foto: Verskaf