Kunsmatige intelligensie: Die mensdom is nou die Neanderthal

Tientalle leiers in die kunsmatige intelligensie-industrie, akademici en selfs bekendes vra dat die risiko van wêreldwye uitwissing weens kunsmatige intelligensie verminder word. In ‘n verklaring voer die ondertekenaars aan dat die bedreiging van ‘n KI-uitwissings-katastrofe ‘n wêreldwye top-prioriteit moet wees. Die verklaring wat die Sentrum vir KI-veiligheid in Kalifornië uitgereik is, sê dit moet nes ander risiko’s, soos pandemies en ‘n kernoorlog geag word. Die sentrum se uitvoerende hoof Dan Hendrycks sê daar is talle maniere wat KI die mensdom kan uitwis.