Kuns beland in asdrom

‘n Nederlandse museum het ‘n kunswerk teruggekry wat verlore was en nogal baie geld werd is.

Nou dink jy dalk aan iets soos die Mona Lisa of Girl with a pearl earring.

Maar nee jy dink verkeerd. Hierdie kunswerk wat soos twee leë bierblikkies lyk, en in die hysbak van die musuem gesê het, het in die asdrom beland nadat ‘n personeellid dit per ongeluk weggegooi het.

Die werk, getiteld ‘’All The Good Times We Spent Together’’ deur die Franse kunstenaar Alexandre Lavet, blyk met die eerste oogopslag twee ingeduikte bierblikke te wees.

As jy egter van nader kyk, is dit in werklikheid noukeurig met die hand geverf met akriel en “het baie tyd en moeite geverg om te skep”, volgens die museum.

Froukje Budding, ‘n woordvoerder van die LAM-museum in Wes-Nederland, het gesê kunswerke word dikwels op ongewone plekke gelos – vandaar die uitstalling in ‘n hysbak.

“Ons probeer die besoeker heeltyd verras,” het sy gesê.

Kurator Elisah van den Bergh het opgemerk dat die blikkies verdwyn het.

Sy het hulle net betyds uit ‘n asblik gehaal. Ons het die werk nou op ‘n meer tradisionele plek op ‘n voetstuk geplaas sodat dit kan rus na sy avontuur,” het Budding gesê. Sy het beklemtoon daar was “geen harde gevoelens” teenoor die skoonmaker wat pas by die museum begin het nie. “Hy het net sy werk gedoen”.

Sietske van Zanten, die museum se direkteur, sê: “Ons kuns moedig besoekers aan om alledaagse voorwerpe in ‘n nuwe lig te sien.”

“Deur kunswerke op onverwagte plekke te vertoon, versterk ons ​​hierdie ervaring en hou besoekers op hul tone,” het Van Zanten bygevoeg.

Die voorval is die jongste in ‘n lang reeks dinge wat met kunswerke in galerye en museums gebeur het. In 2023 het ‘n man wat gesê het dat hy honger was, ‘n piesang geëet wat aan ‘n muur vasgeplak is as deel van ‘n installasie deur die Italiaanse kunstenaar Maurizio Cattelan by ‘n galery in Seoel. In 2011 het ‘n oorywerige skoonmaker in Duitsland ‘n stuk moderne kuns ter waarde van N$15 miljoen verwoes nadat hy dit beskou het as ‘n oogseer wat ‘n goeie skrop nodig het.

Die beeldhouwerk deur die Duitse kunstenaar Martin Kippenberger, wat tot sy dood in 1997 allerweë as een van die talentvolste kunstenaars van sy generasie beskou word, was aan die Ostwall-museum in Dortmund geleen toe dit die prooi van die skoonmaker se skuurblok geword het.