Kunenerivier vloei steeds sterk by Ruacana

Volgens die Namibiese Hidrologiese Diens het die Zambezirivier by Katima Mulilo effens gestyg tot 1,60m. Die huidige watervlak is laer as dieselfde tyd verlede jaar, toe dit 3,25m gemeet het. Die Okavangorivier by Rundu bly stabiel en het vanoggend 5,58m aangeteken met ‘n afvoer van 3 672 kubieke meter per sekonde. Die Benede-Oranjeriviervlak neem af met Blouputs op 0,88m en Sendelingsdrift op 1,37m. Die Kunenerivier by Ruacana vloei steeds sterk teen 311,3 kubieke meter per sekonde.