Kunenerivier heelwat laer by Ruacana

Die Kunenerivier se vloei by Ruacana het vanoggend tot 215,70 kubieke meter per sekonde afgeneem. Verlede jaar hierdie tyd het dit teen 277,70 kubieke meter per sekonde gevloei. Die Zambezirivier by Katima Mulilo het sedert gister met 2cm gestyg, en het vanoggend ‘n vlak van 1,95m aangeteken. Die watervlak is aansienlik laer as dieselfde tyd verlede jaar, toe dit 5,11m gemeet het. Die watervlak van die Okavangorivier by Rundu het sedert gister met 4cm gedaal, en het 5,09m aangeteken. Hierdie vlak is egter hoër as die 4,84m wat verlede jaar dieselfde tyd aangeteken is. Die benede-Oranjerivier by Blouputs en Sendelingsdrift het afgeneem tot onderskeidelik 0,42m en 0,38m.