Kunenerivier by Ruacana laag, Zambezi styg effe

Die Zambezi-rivier by Katima Mulilo het sedert gisteroggend met 2cm toegeneem en ‘n vlak van 2,05m is gemeet. Die watervlak van die Okavangorivier by Rundu daal geleidelik en is vanoggend op 4,83m aangeteken. Dit is egter hoër as die 4,64m wat verlede jaar dieselfde tyd gemeet is. Die Kunenerivier by Ruacana vloei teen 197,70 kubieke meter per sekonde, wat effe hoër is as gister maar heelwat laer as die 240,20 kubieke meter per sekonde verlede jaar dieselfde tyd. Die benede-Oranjerivier sak steeds en het vanoggend by Blouputs ‘n vlak van 0,40m aangeteken.