Kunene-vrou vermoor blykbaar kêrel toe hy haar wou steek

Die polisie in die Kunene-streek het ‘n 27-jarige vrou in hegtenis geneem op klagte van moord. Volgens wat berig word het sy laat Dinsdagaand haar kêrel by Opuwo doodgesteek. Die 35-jarige Muniazo Ueripuraije is in die nek gesteek en is dood met sy aankoms by die hospitaal. Daar word beweer dat die verdagte uit selfverdediging opgetree het. Blykbaar het die oorledene haar probeer steek tydens ‘n rusie oor kosmaak. Sy het sy hand geslaan en die mes het geval. Sy het daarin geslaag om die mes in die hande te kry en hom gesteek. Die ondersoek duur voort.