Kunene vloei uiters sterk, ander riviere bestendig
Die Kunenerivier bruis tans by Ruacana verby en het vanoggend ‘n allemintige vloei van 558,5 kubieke meter per sekonde aangeteken. Verlede jaar hierdie tyd het die rivier teen 145,9 gevloei, volgens die nuutste vloedverslag van die Namibië Hidrologiese Dienste. Die ander noordelike viere vloei bestendig en die watervlak van die Zambezirivier by Katima Mulilo het vanoggend op 1,69m gebly, dieselfde as gisteroggend. Die Okavangorivier by Rundu het ‘n effense afname van 2cm tot 5,70m vanoggend aangeteken. Die benede-Oranjerivier by Blouputs en Sendelingsdrift daal steeds en watervlakke van onderskeidelik slegs 33cm en 55cm is gemeet.