Kunene-streeksraad bou huise (dis verkiesingsjaar)

Dis verkiesingsjaar en die regering werk reeds ‘n geruime tyd hard om aan eise deur inwoners te voldoen. By die Kunene-streeksraad is daar vordering gemaak met behuising vir lae-inkomsteverdieners by Okanguati, Sesfontein en Fransfontein. Die huise is gebou onder die Kunene-streeksraad se gedesentraliseerde saambou-program, wat ultra- en lae-inkomste verdieners teiken. Die Namibia Housing Action Group en die Shack Dwellers Federation is gekontrakteer om altesaam 45 laekostehuise te bou. Die streeksraad het verder die Kamanjab-dorpsraad gekontrakteer om laekostehuise vir mense met gestremdhede te bou, en die eienaars het reeds die huise ontvang. Meer as 25 laekostehuise is in aanbou by Sesfontein, en hulle sal na verwagting vroeg in 2024 voltooi wees. Met ‘n agterstand van 300 000 huise moet die regering 30 000 ‘n jaar bou, ‘n teiken wat nie haalbaar is nie.