Kunene-houtskoolbedryf vergader in Outjo

Rolspelers in die houtskoolbedryf in die Kunene-streek kom môre by die gemeenskapsaal in Outjo byeen. Boere het baie navrae by die streekraadslid se kantoor ingedien en die kantoor hoop om dit by die vergadering aan te spreek. Streekraadslid Johannes Antsino gee meer inligting.