Kunene-boere loop deur onder veediefstal
Veediefstal is steeds ‘n probleem en boere in die Kunene-streek, wat reeds meeste van hul vee in die droogte verloor het, loop erg deur. ‘n Gebrek aan formele onderwys en die hoë werkloosheidsyfer onder jongmense is faktore in die veediefstal, volgens inspekteur Vehangaiza Ruiter, gemeenskapsakebeampte van die Namibiese polisie in Kunene. Sy sê meestal jongmense is by veediefstal betrokke omdat hulle werkloos is, en gevolglik wend hulle hulle tot misdaad. Baie van die verdagtes steel omdat hulle hul vee verloor het en weer wil begin boer, terwyl ander steel om biltong of gedroogde vleis aan straatverkopers te verkoop, veral in Outjo en Kamanjab. Ruiter voeg by die polisie kon daarin slaag om ’n groot aantal van dié skuldiges vas te trek, asook van die gesteelde vee terug te kry.