Kunene-bewareas kla by media-ombud oor berigte

Die Vereniging van Suidelike Kunene-bewareas het ‘n klag by die Namibiese media-ombud ingedien. Die drie bewaringsgebiede sê berigte in die Engelse dagblad Namibian Sun, dat die hofgeding tussen hulle en Ultimate Safaris teen twee mynlisensies in die gebied, hulle eenvoudig wil verarm, is verkeerd. Hulle versoek ‘n vinnige verduideliking en eis dat ‘n korreksie gemaak word. Hulle beklemtoon weer hulle standpunt dat die mynlisensies, wat tydelik opgeskort is in die hof na ‘n verrassende oorwinning deur die groep, onttrek moet word omdat toerisme ‘n goeie langtermyn bron van inkomste is en dat bewaring van die renosterbevolking ‘n prioriteit is.