Kunene-befondsing sal olifante help

Reaksie word ontvang op die befondsing van die bewaringsgebied in Noordwes-Namibië met die Skeleton Coast-Etosha-brug wat vir die volgende 50 jaar 1 miljoen Amerikaanse dollar per jaar kry van die Legacy Landscapes Fund. Vele beskermde gebiede, gemeenskaplike bewaar-areas en hul buffersones word hier aangetref. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Deon Brummer, die eienaar van Huab Lodge in Damaraland, wat op die nuus reageer en sê hulle wil onder meer graag boorgate sink vir olifante in die bewaringsgebiede, om mens-wild konflikte te vermy.