Kuisebmond-stadion nie enigste fasiliteit wat opgeknap word nie

Sportfasiliteite regoor die land is in ‘n swak toestand met onderhoud wat ook ontbreek. Nou sê de Walvisbaai-munisipaliteit die Kuisebmond-stadion sal teen ‘n koste van 3 miljoen Namibiese dollar opgeknap word. Uitgebreide strukturele evaluering deur die tegniese span het bepaal dat aansienlike opknappings nodig is om die toekoms van die stadion te beskerm. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Walvisbaai se burgemeester, Trevino Forbes, wat sê dis nie die enigste sportfasiliteit wat opgeknap word nie.