Kudus vat Ongos Valley-sewes

Die Kudus is die Ongos Valley-sewes kampioene met ‘n oorwinning van 24-17 teenoor Trustco United. Kudus het in hulle semifinaal teen Rehoboth gespeel terwyl United teen Unam gespeel het. Die Namibiese Rugby-unie het die reeks by die Hage Geingob-stadion in die hoofstad aangebied. Western Suburbs, Wanderers, Reho Falcon, Karas All Stars, Erongo All Stars, Grootfontein en Dolphin het ook deelgeneem.