Kudu Gas doen aansoek vir kragopwekkingslisensie

BW Energy, operateur van Kudu Gas, het aansoek gedoen vir ‘n kragopwekkingslisensie. Die beplande kapasiteit is op 420 megawatt vasgestel en gas sal gebruik word vir die opwekking. Die aanleg word vir Lüderitz beplan. BW Energy sê belangstellendes en geraakte persone kan die aansoek by die Elektrisiteitsbeheerraad besigtig. Dit is hoog tyd dat die gasveld, wat reeds in 1974 ontdek is, ontgin word. Oud-NamPower hoof dr. Leake Hangala het ook onlangs gesê dat die beurtkrag uitdagings in die buurland ‘n gulde geleentheid vir Kudu bied.