Kubermisdaad teiken afgetredenes in SA
Afgetredenes in Suid-Afrika loop ʼn groter gevaar vir kubermisdaad as gevolg van ʼn kunsmatige-intelligensie-instrument wat gesofistikeerde slenters toelaat. FraudGPT laat enigeen toe om ʼn kubermisdaad te pleeg deur hoogs ontwikkelde uitvissing-e-posse te skep, kuberkraak-gereedskap te bou en swakplekke in IT-stelsels op te spoor. Die aktuaris en skadevergoedingkenner, Gregory Whittaker, sê kubermisdadigers teiken gewoonlik afgetredenes omdat hulle waarskynlik toegang tot kapitaal het deur hul aftreegeld. Hy sê dis noodsaaklik dat pensioentrekkers ingelig word oor hierdie soort slenters en strategieë bekom om die risiko’s te bekamp.