Kuba vra vir melk vir sy kinders
Die Kubaanse regering se versoek om hulp van die Wêreldvoedselprogram word gesien as ‘n teken van die Kommunisties-beheerde land se verergerende ekonomiese krisis. Die organisasie het aangekondig hy het ‘n ongekende amptelike versoek van die Karibiese eiland ontvang om melk aan jong kinders te verskaf. Daar word berig die program het reeds met die aflewering van melkpoeier begin. Die Kubaanse regering gee die Verenigde State se sanksies die skuld vir die ekonomiese krisis, maar kritici skryf dit toe aan wanbestuur.