KSA en Smith se paaie skei

Krieket Suid-Afrika het bekend gemaak Graeme Smith se termyn as sy direkteur van krieket het ten einde geloop. Smith se kontrak het einde verlede maand verstryk en sal nie verleng word nie. Hy is gekritiseer nadat hy in Desember 2019 sy voormalige nasionale spanmaat, Mark Boucher, as hoofafrigter van die Proteas aangestel het, sonder om die posisie te adverteer of enigiemand anders vir onderhoude te nooi. Boucher word deur dissiplinêre optrede in die gesig gestaar nadat hy na bewering rassisties teenoor spanmaats opgetree het terwyl hy vir Suid-Afrika gespeel het.