Kry ‘n troeteldier teen 50% afslag!
Die Dierebeskermingsvereniging gaan hierdie maand die kollig laat val op die diere wat al die langste by hulle versorg word. Die aanneem-fooi vir hierdie honde, katte en ander kleiner diere sal met 50 persent gesny word gedurende Maart. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die direkteur van die vereniging, Hanna Rhodin, wat meer inligting gee.