Kry kameras op paaie teen veediefstal, beaam boer

Die Namibiese Landbou-unie en verskeie rolspelers gaan by ‘n geslotedeur vergadering stropery en veediefstal in die Khomas-streek bespreek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met ‘n boer in die Rehoboth distrik, Jaco Thomas, wat sê so ‘n vergadering sal voordelig wees vir die area. Thomas noem verder dat boere moet belê in kameras, veral langs toegangspaaie, omdat die veediefstal op die ou end meer kos as die opstel van kameras.