Kruiboog-aanval by Israel se ambassade in Serwië

‘n Polisiebeampte het ‘n operasie ondergaan na ‘n kruisboog-aanval buite die Israelse ambassade in die Serwiese hoofstad Belgrado. Die beampte, wat met ‘n pyl in die nek gewond is, het die aanvaller doodgeskiet. Die Serwiese aanvaller is as die 25-jarige Miloš Žujović uitgeken. Die Serwiese ministerie van Binnelandse Sake sê nog ‘n persoon is gearresteer en die polisie ondersoek ‘n moontlike netwerk wat bande met buitelandse terroristegroepe het. Die Israeliese ministerie van Buitelandse Sake sê die ambassade is na die aanval gesluit.