Kroning: 52 lede van Republic-beweging voor geleentheid agter tralies

Die Verenigde Koninkryk het ‘n nuwe koning en koningin in Charles en Camilla na die kroningsgeleentheid wat Saterdag in Londen gehou is. Maar, die geleentheid was nie sonder haakplekke nie. Die Britse polisie het 52 arrestasies gemaak, meeste van lede van die Republic-beweging, voor die geleentheid begin het. Die beweging beywer hom vir ‘n republiek. Die polisie het onder skoot gekom as gevolg van die arrestasies maar het homself verdedig deur te sê dit was intelligensie aangedrewe en dat aksies deur die beweging tot ‘n nasionale verleentheid kon gelei het.