Krokodil-aanvalle kry aandag

Gemeenskappe wat by die Okavango-rivier woon, sal binnekort die begunstigdes wees van ‘n bewusmakingsveldtog wat fokus op krokodilhabitat, en jagstrategieë. Dit volg na voortdurende aanvalle deur krokodille op mense in die twee Kavango-streke. Romeo Muyunda, woordvoerder van die omgewingsministerie, sê die jongste aanval wat oor die naweek plaasgevind het, waar ‘n 13-jarige seun in dood is, is die sewende aanval sedert Januarie vanjaar. Muyunda sê die veldtog wat in April of Mei vanjaar sal begin, sal veral gemeenskappe opvoed oor die gebruik van die rivier, terwyl relevante owerhede betrek word oor permanente oplossings vir die voorsiening van water.