Kritiek teen VSA omdat hy VN-resolusie oor hulp aan Gaza veto

Human Rights Watch het Amerika gekritiseer omdat hy ‘n veto uitgebring het oor ‘n Verenigde Nasie veiligheidsraad-resolusie wat sou vra vir humanitêre korridors, ‘n pouse in die gevegte tussen Israel en Hamas en ‘n herroeping van die bevel deur Israel dat burgers in Gaza die noorde van die gebied moet verlaat. Louis Charbonneau, die organisasie se Verenigde Nasies-direkteur, sê Amerika het sodoende die einste eise geblokkeer waarop hy so dikwels in ander kontekste aandring: dat alle partye voldoen aan internasionale humanitêre reg en verseker dat noodsaaklike humanitêre hulp en noodsaaklike dienste mense in nood bereik.