Krisis in Suid-Korea, beroepe dat president moet waai
Suid-Korea se president, Yoon Suk Yeol, het ʼn noodkrygswet afgekondig en beskuldig die opposisie dat hulle ʼn opstand beplan. Dit het tot betogings buite die Parlement gelei. Hy sê die krygswet is ʼn noodsaaklike maatreël om magte wat pro-Noorde en teen die staat is, uit te wis. Kort na die afkondiging het 190 van die 300 parlementslede gestem om die maatreël om te keer. Die Nasionale Vergadering se voorsitter, Woo Won-sik, sê die noodkrygswet-verklaring is ongeldig en burgers kan gerus wees dat wetgewers demokrasie sal verdedig.