Kripto-mark reageer steeds op Fed-voorsitter
Aanmerkings deur Jerome Powell, voorsitter van die Federale Reserweraad, het ‘n beduidende impak op kriptomarkte gehad. Powell het vordering met die bekamping van inflasie erken, maar het die behoefte aan volgehoue bewyse beklemtoon voordat rentekoersverlagings oorweeg word. Sy opmerkings, te midde van markverwagtinge vir Fed-koersverlagings, het gelei tot ‘n daling in Bitcoin sowel as ander kripto-geldeenhede, gehad en Bitcoin is tans op rondom 56 260 Amerikaanse dollar. Chris Hart, bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, sê Powell se invloed op kriptomarkte is steeds hoog, maar sal begin daal.