Kripto-beskuldigdes blykbaar onwettig aangehou

Prokureurs van tien Chinese burgers, een Ugandees, ‘n Kubaan, ‘n Angolese burger en ‘n Namibiër sê hulle kliënte word onwettig aangehou. Die groep is vas na twee klopjagte in die luukse Klein Windhoek en Auashills woonbuurte in ‘n vermeende kripto-bedrogspul. Die regslui sê die klagstaat is verkeerd en die groep is op 3 Oktober gearresteer en het eers op 6 Oktober verskyn wat verby die toegelate 48-uur maksimum aanhouding sonder verhoor is. Terwyl die arrestasies in Klein Windhoek nie die media bereik het nie, was die klopjag en arrestasies in Auashills wel op Donderdag 5 Oktober bevestig volgens media berigte en inligting op sosiale media. Die groep staar 98 klagtes in die gesig wat mensehandel, bedrog, geldwassery, rampokkery, belastingontduiking en oortreding van immigrasie-wette insluit. Hulle verskyn weer vandag in die Windhoek landdroshof.