Krieket: Windies wen tweede eendagwedstryd teen Proteas

Krieket: Die Wes-Indiese Eilande het die tweede eendagwedstryd teen die Proteas in Oos-Londen met 48 lopies gewen. Die besoekers het 335 vir agt in hulle 50 boulbeurte aangeteken. Ondanks Temba Bavuma se indrukwekkende 144 lopies van 118 balle, kon Suid-Afrika met slegs 287 lopies antwoord voor hulle in die 42ste boulbeurt uitgehaal is. Die Windies loop met 1-0 in die reeks van drie wedstryde voor ná Donderdag se kragmeting weens reën gestaak moes word.  Die laaste eendagwedstryd word Dinsdag in Potchefstroom beslis.